Andile Mngxitama kom weg met moord!

Eers sê hy: “We will kill their children, we will kill their women, we will kill anything that we find on our way”.

TLU SA lê ‘n klag van haatspraak teen hom, maar dis amper vier maande later en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het nog nie eers laat weet of hulle hom gaan vervolg of nie. Selfs al het Advokaat E Matzke, namens die adjunk-direkteur van Openbare Vervolging op 26 Februarie 2019 onderneem dat sy binne twee dae terugvoer sou gee.

Verskeie politieke partye en burgerregte organisasies versoek dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) die BLF se registrasie vir die verkiesing terugtrek oor hierdie uitsprake, maar die OVK sê dis nog nie verkiesingstyd nie, so die reël hieroor geld nog nie.

En dan maak hy dit met sy registrasie vir die verkiesing by die OVK baie duidelik dat wit mense nie welkom is in sy party nie. Leer meer hier
Moenie dat hy wegkom nie.

Dié soort haatspraak is uiters opswepend en is dikwels die vonk in die kruitvat wat lei tot geweldadige aanvalle en selfs moord op plase.

Die NVG faal liederlik in sy taak om ‘n haatspreker soos Andile Mngxitama te vervolg.

Help ons druk toepas op die nuwe Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging: Advokaat Shamila Batohi om hom wel te vervolg. Vul hierdie vorm in en ons stuur dit direk aan haar.
TEKEN DIE PETISIE
BLF Petisie
Contact information: (012) 804-8031 /  dienste@tlu.co.za / www.tlu.co.za

*Met die invul van u besonderhede hierbo stem u daartoe in dat, TLU SA u telefonies mag kontak. TLU SA bewaar en beskerm alle persoonlike data. ImpactNOW 'n vennoot van TLU SA mag moontlik met u in verbinding tree om aan u, TLU SA se standpunt te verduidelik en lidmaatskap opsies en voordele aan u beskikbaar te stel. Dankie vir u ondersteuning met hierdie belangrike saak.





DEEL MET JOU VRIENDE